Thursday, July 28, 2016

'cause the roof steal the view





 



31/03/2016
  SOLO PADDLE PEMBA TANZANIA
 
Couldn't get much info on traveling/paddling Pemba on the web, so here's my little contribution
-  contact me for more detailed info: jaco@echoyouth.co.za

Pemba island  Zanzibar sup trip
I had to do a solo trip (to gain some sanity) and it had to be over Easter - rest of the year already packed.  First I thought of Transkei, but then some of the people in our community borrowed the vehicle I share with Echo. And then a few things happened: 
I remembered a dream I had a year or two ago, saw a cheap plane ticket on the web (Fastjet) and then, to top it all, Marina told me that my in-laws were planning a visit! (It meant that she wouldn't be alone with the kids 😉). 
    The stars were lining up fast, so I double checked the limit on my credit card and got the ticket.
    I boarded the plane at
O.R. Tambo a few days later, weighing in my inflatable stand up board (sup), everything else stuffed into a waterproof bag as hand luggage.
    Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba.
    Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn.

    Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said: “First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”
    The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar".
    Back to the trip.

    At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.  
    The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way (👈truth). The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations. 
    Beautiful. 
    Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves. 
Tumbe
     My presence drew a bit of a crowd (don't think they get much visitors form the “outside”, some of the kids started crying when they saw me) and the fishermen looked very surprised when a "boat" appeared from the bag I was carrying on my back.
    At around 15:00 I started paddling - at last. Was extremely hot. Had to paddle hard the first 3km into a 20km/h headwind and the incoming tide.
    Horrible and beautiful.
    Mangroves to my left and  two small uninhabited islands, called Usubi and Hamisi, to the right, white sand, emerald blue water, lots of birds (Pemba has 
183 bird species, 4 endemic).
    I did only around 15km a day (unfit paddler, slow boat, to much gear and the freaken carrybag and pump that I had to take along . . .).
    I camped on the beach, sleeping every night on the sub under the stars, not needing to set up the tent even once - ‘cause it never rained. 
    Spend one night on the edge of the Ngezi forest, home to the endemic, Pemba flyingfox (a huge bat with a wingspan of 1,8m that looks more like a flying Siamese cat - that doesn’t eat humans).
My down wind T-shirt-sail
    I planned the trip as much as possible according to the wind and tide (had to go head on into the wind on tree occasions though). The Kaskazi was still going strong, the consistent North-east Monsoon from November to March. From the point at Vrumavimbi it was all downwind and I later rigged a downwind sail (with one of my three T-shirts). 
    Lots of fish, saw a huge barracuda in the shallows.
    Paddled one day past Manta Lodge, one of the very few tourist hotels on Pemba. Stopped to get water and a beer (5$!). The waiters were very inquisitive when they found out that I came from Tumbe and warned me (as did everyone else on Pemba) about the dangerous Funde-gate that lay ahead.  
   Funde-gate turned out quite okay in the end, not much worse than Hellsgate at Inhaca in Mozambique. Njao and Funde are beautiful islands with thick vegetation, totally desolate beaches on the seaside and one or two tiny fishing villages on the landside.
    Came upon some small caves at low tide on Njao .
   Met lots of friendly fisherman all the way, some fishing of ngalawas (outrigger canoes) or mashua (small dwows), others spearfishing far offshore without boats for octopus. 
     Very hot and humid during the day (37 °C), and at night (27°C) luckily very few mosquitoes. (found an island with no humans - walked naked half a day)     
    Faced a horrible sidewind when crossing the bay from Funde to the point east of Wete, from thereon things got even worse when I had to turn head on into the wind.
     Reached Wete just before 20:00 the last night. Stressed a bit when my arrival freaked out some guys with AK47’s. One asked for a permit or papers (I honestly still don't know if you need it or if such a thing even exists). I gave him my passport. No further mentions of permits. I started to offload the sup. 
    Tried to be quiet and friendly. You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone. 
     They didn't know what to do with me, but after I gave one of the guys - a Rambo lookalike with a gun -  my fishing rod and to one of the others my shoes everything was better (decided earlier to leave some stuff behind anyway, it turned out my most irritating "wetshoes" was one number to big and I had to pay in R200 for 2 kg of extra weight to Fastjet, less than what the rod was worth). 
    Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice). 
    Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
    Took a taxi the next morning,
feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
    The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  

Jaco Strydom









_______________________________________________

 

 

SEE TOE IN 'N KAJAK

32 dae solo roei van Vaaldam tot Alaxanderbaai via Vaal- en Oranjerivier

   

 

06 /10/ 2005  Dag 32 (Die laaste dag):

“Van waar kom my lani nou?” vra 'n man by 'n waterpomp naby Beesbank, ongeveer veertig kilometer voor Alexanderbaai.
    “Vaaldam,” sê ek, te moeg om baie te praat.
    “Nou waas daai vaal dam?” vra sy vriend.
    “'n Hele ent stroom op,” verduidelik ek terwyl die stroom my stadig tussen die riete deur vat. Ek begin weer roei.
    “Tot waar?” roep een nou ver agter my.
    “Die see!”
    Gisteraand het ek “per ongeluk” onwettig in die spergebied aan die Namibië kant geslaap. Die aand voor dit in die Richtersveld naby Sendelingsdrif saam met die landspan. Nou is die landspan weg en ek wonder of dit dalk eerder ek is wat weg is. Ek vermoed daar was een of ander fout met die permitte en hoop dat hulle by plan B hou en vir my wag aan die Suid Afrikaanse kant. Ek is vrek lus vir 'n Coke.
    'n Paar kilos verder kry ek die landspan en my vermoede word bevestig. Ek besef weer hoe lekker dit is om 'n landspan te hê. Tot op Augrabies was ek alleen. Party keer het ek vir dae lank geen selfoonopvangs gehad nie. Elke aand iewers op 'n eiland of 'n sandbank langs die water geslaap. Al my kos moes ek saamroei. Water en vis het die rivier gegee. By Prieska kon ek darem 'n steak koop en op Upington het amper die Spur leeg geëet.
    Daar is 'n mesterie aan riviere wat my aantrek. Om elke draai lê 'n nuwe wêreld om te ontdek.
    Riviere lewe. Hoe droeër die omgewing, hoe meer wild is daar in en om die water. Net vandag het ek al visarende, twee otters, ape, 'n likkewaan en 'n paar troppe gemsbokke gesien - op 'n stadium is twee gemsbokke sowat vyftigmeter voor my pensdiep deur die water.
    Om te toer met 'n kajak is relatief eenvoudig. Jy kan genoeg bagasie saam roei om heeltemal selfversorgend te wees vir weke en steeds met redelike gemak afstande van bo 50km aflê. Daar is geen enjins wat raas, petrol suip en breek nie. Geen pap wiele nie. Jy betaal natuurlik vir hierdie luuksheid in sweet.
    Die Vaal en Oranje is relatief veilige riviere. Ek het meeste van die tyd wat ek alleen was op eilande oornag, waarvan daar geen tekort op die twee riviere is nie. Meeste stroomversnellings is klas 1 of 2 wat beteken dat dit min ervaring vra. Daar is 'n paar groterige versnellings reg onder Vaaldam, in die Vredefort koepel anderkant Parys, na die samevloeiing by Douglas en voor en na Augrabies. Die enigste werklike groot stroomversnellings is by Richi falls anderkant Onsseepkans. Hier moes ek ook my kajak en toerusting met toue afsak teen 'n krans om dit in die gorge onder die waterval te kry.
    Ek neem altyd te veel goed saam, so het ek mettertyd 'n klomp blikkieskos, klere, 'n klein driepootstoeltjie en my tent agtergelaat by boere en ander mense langs die pad. Hoe ligter hoe beter en eenvoudiger.
    Die belangrikste toerusting waarsonder ek moeilik sou klaarkom is waterdigte sakke, goeie kaarte, GPS, mediese sakkie, tou, slaapsak, LED koplig, duck tape en Q-bond vir herstelwerk, selfopblaasmatras, waterdigte baadjie, visstok, 'n goeie klein kookstel, my Bybel, “Stroom af in my kanoe” van Willem van Riet en baie energy bars. Sonder muskietgoed en sonbrandmiddel is jy in groot en ongemaklike moeilikheid.
    Die kajak wat my tot hier gebring het is 'n Malachite wat in Suid Afrika vervaardig word deur C-kayak. Dit is 'n relatief goedkoop enkel plastiek toerkajak, 'n bietjie aan die swaar kant, maar baie sterk. Behalwe vir die roer wat gebreek het naby Kanoneiland het die boot hom baie goed gedra - ten spyte van die lae watervlak.
    Oral langs die pad het ek gawe mense ontmoet. By Orkney vra ek 'n paar vissermanne na 'n kampplek. Voor ek my kon kry is die kajak op 'n bakkie se dak en 'n rukkie later eet ek saam met Christo en sy vrou aandete. Tussen Koegas en Prieska leen oom Lieb my sy bakkie om my beursie te gaan soek wat ek die vorige dag verloor het. Ek kry die beursie tussen die riete op 'n eiland onder die brug waar ek die vorige dag my boot gelos en na Prieska geswem het.
    Gawe boere by Grobbelaarshoop gee my slaapplek, bier en braaivleis. Ek praat die Sondag met die kinders by die Sondagskool en die aand bid ek saam met die boere. By Keimoes help Dirk Malan my met die gebreekte roer en gee my slaapplek in die boskamp by Kalahariwater. Ook die mense van Khamkiri bokant Augrabies is baie behulpsaam. Ek ontmoet gawe mense oral langs die Pella 4x4 roete. In baie se oë sien ek die vraag “Is die dominee mal?” en ek wonder self.
    “Hoekom doen jy dit?” is die vraag wat mense die meeste vra en daar is meer as een antwoord. Ek is hou van reis, watersport en kamp. Op 'n dieper persoonlike vlak is die roei toer iets van 'n persoonlike pelgrimstog, 'n kans om stil te wees, te dink en te bid. Die toer is ook 'n geleentheid om geld in te samel en media blootstelling te kry vir ECHO Jeugontwikkeling ons nie-winsgewende organisasie wat uitreik na jongmense in nood in Pretoria. 'n Klomp opgehoopte verlof het gehelp om die droom 'n werklikheid te maak.
    En nou 'n paar kilometer voor Alexanderbaai kan ek amper nie glo hoe werklik die droom sou word nie. Ek dink terug aan al die vrese en vrae voor die tyd. Al die opwinding, die mooi en die moeilikheid tot hier. Twee kilometer se opgehoopte waterhiasinte by Orkney. Nagte se alleen slaap op eilande. Die groot baber by Caboop. 'n Kleurling matriek “after party” net buite Keimoes (hulle het my eers ontdek toe hulle vieruur die oggend my riethuisie se deur oopskop – hulle het baie groter as ek geskrik!). Damwalle , watervalle, stroomversnellings en ander obstruksies. Die immer teenwoordige visarende, otters en likkewane . . . sonsondergange, koue nagte, stilte . . .
    Teen half sewe roei ek die strandmeer binne teen 'n stormsterk Suid-Wester. Enige ander dag sou dit my moedeloos gemaak het. Dit voel of ek die hele 32 dae geoefen het om teen díé wind see toe te roei.
    Koud en sopnat trek ek uiteindelik my kayak op die strand - ek het vandag twaalf uur geroei en slegs veertig minute gerus. Vir die laaste keer is ek alleen. Die gedruis van die see vul die skemer. Ek hoor die klank van 'n duisend stroomversnellings. 
    “Dankie” bid ek, “vir 'n maand se stiltetyd…”

Lees Artikel in WEG deur Jaco Strydom


GEAR:
Kayak: C-Kayak Malachite (plastic paddles)
Very rugged kayak, cheap, a bit heavy . . .  rudder broke at Keimoes
GPS: eTrex Venture
Shoes: Hi Tec Tasman
Light: Petzel Headlight
Dry bags: WX TEX
Fishing: Loomis & Franklin Fly rod 9/10

Vir meer inligting, GPS koördinate, afstande ens. mail my by:
jaco@echoyouth.co.za

Ds. Jaco Strydom van ECHO jeug vertel van sy 32 dae solo roeitoer see toe

  

 

 

  _________________________________________



  9/08/2014
Dis die eerste keer dat ek weer in Prieska is na my solo roeitrip (van Vaaldam af tot Alexanderbaai) in 2005. Ek het vanoggend sommer heimwee toe ek op die brug stop. Op die eiland onder die brug het ek destyds my Kajak gelos en oor geswem om 'n kos te koop in Prieska en toe weer verder geroei.
    Laat daai aand - ver anderkant die dorp -  toe ek op 'n sandbank kamp opslaan om vir die eerste keer in baie dae iets anders as vis op die vuur te braai, besef ek met 'n skok dat my beursie, met al my geld, bankkaart, paspoort weg is.
    Die volgende dag roei ek na 'n plaashuis, aangedui op een van my kaarte, en doen iets wat ek eintlik nooit doen nie. Ek was bang die boere skiet op my as ek skielik uit die bloute in my toestand (het teen daai tyd nie te goed gelyk en geruik nie) by 'n plaashuis opdaag.
    'n Tannie het met haar rug na my gestaan by 'n waskamer. Ek het keel skoongemaak en toe sy omkyk sê ek: “Ek is 'n dominee en ek roei see toe.”
    Die tannie het geglimlag, my ingenooi en vertel dat dit nie die eerste keer is dat iemand wat roei daar aanklop nie. 'n National Geographic filmspan wat ook die rivier geroei het, het glo jare gelede meeste van hulle toerusting verloor in 'n storm en ook daar kom skuiling soek.
    Die tannie was so bly om my te sien.
    “Dit is asof die Here jou gestuur het,” het sy gesê en my die hartseer storie vertel van haar kleinkind wat weke tevore daar op die plaas verdrink het. Sy kon nie glo ek is 'n predikant nie, dit was vir haar asof die Here my gestuur het - huisbesoek deur 'n vuil dominee op die rivier is die laaste ding wat sy verwag het. Sy het haar hart uitgepraat en ons kon saam bid.
    Later het die oom opgedaag en het ons saam gekookte kos geëet - soos net boere mense dit kan maak.
    Die oom het my sy bakkie geleen en ek het terug gery Prieska toe om my beursie te gaan soek. Ek het op die einste brug gestop en tot my groot verligting my beursie in die water tussen die riete gekry.
Dit was een van die mooiste dae van my lewe. Nie net omdat ek my beursie terug gekry het nie, maar omdat ek wonderlike mense ontmoet het en gevoel het dat die Here op sy misterieuse manier aan die werk is - iemand het eenkeer gesê, toeval is wanneer God besluit om anoniem te bly.
    Die tannie het my (met 'n sak vol koekies en ander kos), by die rivier afgelaai.
Dit was 'n paar dae se roei tot op Groblershoop - waar ek weer wonderlike mense sou ontmoet . . .

As jy meer wil lees oor die roeitrippie hier is die link na 'n blog met 'n artikel wat destyds daaroor in WEG tydskrif was: 
http://kajakseetoe.blogspot.com/

 ____________________________

 

noudiedag in Indië . . .

. . . het 'n droom gehad oor een van daai vrolike Indiese kinders op die strate van Varanasi. 
     Sy het uit 'n donker vuil stegie verskyn - soos ʼn engel - nader gestap en vreemd na my gekyk. Iets het haar duidelik ontstel.
     Eers toe sy naby genoeg was kon ek sien dat sy MY jammer kry. Sy wou huil. Haar oë het gehuiwer. Dit het gelyk asof sy iets wou sê. 

     Die kind wou my help - besef ek -  maar weet duidelik nie waar om te begin nie.    
     Dit was asof sy geweet het ek sou nooit gelukkig wees sonder 'n klomp materiële goed nie; haar eenvoudige blydskap, in daai vuil stegie, was onmoontlik vir iemand soos ek.
     Toe glimlag sy maar net vriendelik vir my - en ek glimlag terug, in 'n swak poging om my verleentheid weg te steek . . .


_______________________________

 

Dit was die pragtigste stukkie hel op aarde. 

     ʼn Sonsondergang uit ʼn ander wêreld. Ek het voor op die punt van ʼn massiewe rivierboot, wat die volgende paar dae ons huis sou wees, gestaan en alles probeer inasem: primitiewe seilbote, palmbome, vragskepe, houthuisies op pale . . . Later sou ek vir die eerste keer wit varswaterdolfyne sien.
    Bangladesh is een van die armste en mees dig bewoonde plekke op aarde. Dit is ook een van die lande wat jaarliks deur die meeste natuurlike rampe getref word. Vroeër daardie dag het ek gesien hoe mense op ʼn besige straathoek fietse, Tuk-tuk’s en karre deur kniediep water stoot.
    Die lug was nou grys en goud met net ʼn paar vaal silhoeëtte in die verte.
    Onder ons het ʼn blou babatjie op die vuil water aangedryf gekom. Ek het geskrik toe ek haar sien en probeer om nie te kyk nie. Toe die boot uiteindelik vertrek het haar lyfie alleen bly lê en opkyk.
    Is dit dalk beter vir die kind om dood rond te dryf as om in dié hel-hole van ʼn plek te moes lewe? Vir lank het ek probeer om nie weer hieraan te dink nie - maar sy wou my nie los nie.
    Ek en Sean het elke aand sommer buite op die dek geslaap, dit was goedkoper. 

    Partykeer, laat in die nag, het die kind by my kom kuier - dan het ek haar probeer troos, en het ons lank na die sterre en die skaduwees op die bewegende oewer gelê en kyk . . . tot sy weer oor die kant van die boot in die swart water verdwyn . . .

  _______________________________

 

 


. . . in Katmandu het ek  ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het daar ʼn man gelê en kreun, toegedraai in plastieksakke swart gevlek deur ou bloed. Ek het hom innig jammer gekry en vir hom ʼn Coke gekoop. Hy was vies, want die Coke was warm, toe ry ek.
    Die volgende dag hoor ek by die vrou van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn hindoetempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanx vir al jou moeite! Thanx vir die warm Coke…”. 





 11/11/2012
Ek was onlangs vir ʼn dag in Zurich. Pragtig. Stokoud. Doodstil. Selfs na nege die oggend toe die meeste winkels al oop is, was dit stil. Netjiese mense het oral in nou straatjies emosieloos verby mekaar geloop. Erg ordentlik. Almal het duidelik presies geweet waarheen hulle op pad was - behalwe ek. Ek het gewonder waaroor droom mense in ʼn perfekte plek soos Zurich? Wat sou hulle dink van Proes Straat (Johannes Ramokhoase) in Pretoria? Sou hulle dalk meer lewendig wees Marabastad? Sou hulle kon oogkontak maak? Sou Afrika hulle kon help? Moet ons dalk ʼn paar kinders uit Mamelodi bring vir ʼn uitreik in Zurich?

 

 

 

16/11/2012
Die seuns het haar gevang, eers haar een arm en toe die ander een teen ʼn stuk stomp gehou en haar hande met 'n panga afgekap. Hulle het die hele tyd gespot en gelag. Sy sê sy het deur die nag gehardloop, ʼn keer of wat geval en in haar moegheid en skok vergeet en met die stompies in die grond gedruk. Sy was twaalf. 
     Dit is nou jare later. Nou die aand was sy op CNN - waar ek haar die eerste keer ontmoet het.
     Maar sy het daai seuns vergewe, sê Mariatu Kamara, want hulle was net kinders soos sy in grootmense se oorlog.
     Vandag bring sy hoop sonder hande. Haar boek se naam is “The Bite of the Mango” en ek raak steeds tranerig as ek aan haar dink - haar dapperheid en die weemoed van so baie in Afrika wat nie soos sy kan skryf nie.

 

. . . . . . . . 

 

Vanoggend het ek amper verdrink. Na 'n halfuur se gespook het die branders my 'n kilometer verder op die rotse uitgespoel. Ek het vir ʼn ruk lank net daar op die sand gelê en kots en bewe, te moeg om op te staan.
    Twee vriendelike ouens het my kajak gekry waar dit uitgespoel het op die strand. Die visstokke was nog vas aan die boot. Marina is kwaad omdat ek op die rowwe see in die mis gaan roei het. Sy sê iemand met twee klein kindertjies is veronderstel om meer verantwoordelik op te tree. Sy moes glo al te veel kere planne in haar gedagtes maak vir die dag as ek nie terugkom nie.
    Ek het vir 'n hele ruk in 'n warm bad gaan lê, die vreemdste gevoel het oor my gekom. Daar is niks soos ʼn nabydood-ervaring om ʼn mens weer lewendig te laat voel nie!
    Die see bly die mooiste plek op aarde (sy's die wildste wese wat ek ken).




 


Vaal/Oranje rubberduck toer

 

 


Inhaca solo trip

 

 

 

 

 

 

 

 

 
spearfishing from kayak @ Hells Gate

on our way to town
dinner
Inhaca

 

 

  

 

Chris Swart

 

 

base camp - Northern Pakistan
PAKISTAN

 

Noord Pakistan - toe ek nog jonk en maer was..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

India

 

Andaman Islands on a schooter

 

 

 

Ross Island - Andaman



sailing with Fanus - Spain


India

Oman

 


Great rift Valley Kenia

 

 

 

 

 

 

 

Around the Okavangu with Gert Becker

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   

 

 

 

 

 

 

 

More photos on Instagram